Ek is nuut

Welkom by ons
Wat ook al u ouderdom of lewensverhaal, u is welkom! Ons missie is eenvoudig: Leef vir God, dien mekaar en wees ‘n lig vir die wêreld.

Hallo daar!

Welkom by die GK Pretoria-Alkantrant. Ons glo en vertrou dat jy sommer gou welkom sal voel in ons gemeente.

Ons visie in die gemeente is drie-ledig

Eerstens leef ons vir God drie-enig

Hy is ons alles, die bepaler van ons gedagtes en optrede. Hy lei ons gemeente se denke, rigting en aksies. Hy is immers die hoof van die liggaam. En Hy regeer sy liggaam deur sy Woord en Gees.

Omdat ons glo dat alle lede in Christus saam die liggaam vorm, streef ons daarna om mekaar te dien.

Daarom is verhoudings vir ons baie belangrik en wil ons graag jou ontmoet. Ons sorg vir mekaar, deur mekaar te ondersteun en bemoedig. Ons sorg ook vir mekaar deur saam te huil, maar ook saam te lag. Ons deel graag met mekaar vreugdes en hartseer in ons gemeentebrief elke Sondag. Soos ons lees in 1 Kor.12: As een lid ly, ly al die lede saam. Ons is een liggaam en moet mekaar daarom ook dien.

Ons wil graag lig vir die wêreld wees

Dit kom van Jesus se beskrywing van die lig vir die wêreld en sout vir die aarde. Die implikasie daarvan is dat ons ʼn getroue getuienis moet uitleef van wie Christus is, wat Hy kom doen het en hoe dit jou lewe affekteer. Ons streef daarna om ʼn verskil te maak in ons onmiddellike omgewing, maar ook wyer. Ons is tans in die proses om te identifiseer waar ons nog kan betrokke raak en ʼn verskil kan maak.

Preke

Word geïnspireer deur Bybelse leërings.
Skakel in elke Sondag oggend om 09:00

Besoek ons in Pretoria-Alkantrant of skakel in aanlyn

GK Pretoria-Alkantrant