Forum Navigation
Forum breadcrumbs - You are here:Vrae wat plaGeloof: Algemene geloof vraeHoekom???

Hoekom???

Quote

Ek sit en lees die artikel

Chris Chameleon: As mens nie kan verstaan nie

 

Al wat in my kop draai is hoekom!

Hoe kan God hulle na 14 jaar seen met n wonderwerk net om uit hul lewens te ruk!

Hoekom se die Bybel waar meer as een in gebed staan…

Hoekom se die Bybel jy kan berge beveel om te skuif…

Hoekom moet ek luister as mense se God het ‘n plan.

Ek twyfel nie dat God ‘n God van liefde is nie maar hemel weet aleen hoe mens konstant saam mense moet bid of deel wees van “ons moet net bly bid”

So hoekom iemand wat uit swaar n kindjie kry en hom weer net so verloor, watse straf is dit nie!

 

Quote

Die hoekom word ontsluit in die realiteit van Genesis 3. Seer, pyn, lyding, siekte ens. is die direkte gevolg van die mens se sonde. Deur die toedoen van die mens word die aarde vervloek. Deur die toedoen van die sonde sal die mens met swaarkry 'n bestaan maak ens. Die verhouding tussen God en mens is stukkend deur die toedoen van die sonde.

Om 'n kind aan die dood af te staan is nie 'n straf van God nie. Dit is die seer van 'n gebroke wêreld. Daarom nader ons God in gebed en smeek vir die herstel van 'n gebroke wêreld wat vervul word in Sy wederkoms. Romeine 8 lei ons juis hierin. Wanneer die wêreld stukkend is, seer is en inmekaar tuimel en ons nie weet wat en hoe om te bid nie, dan tree die Heilige Gees vir ons in.

Romeine 8: 26-27 lees: Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Die Bybel Nuwe Vertaling electronic ed., Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Ons sug in gebede in onvolmaakte verlange na die volmaakte wat net by Hom is. Daar waar geliefdes van dié wat glo hulleself bevind. Daar waar die kinders van gelowige ouers hulleself bevind. In die volmaakte teenwoordigheid van ons Here. Soos wat die Here dit oorspronklik bedoel het met die skepping van die tuin van Eden, waar God en mens saam gewandel het. Hy wil hierdie verhouding met ons hê en daarom praat Hy met ons deur sy Woord en praat ons met Hom deur gebed. Die Bybel is vol van gelowiges, wat eenvoudig in hulle seer, hulle harte voor God uitstort en dan met sy vrede gevul word. (Dink maar aan Hanna se gebed in 1 Samuel 2). Dit is waarom ons bid. Dit is waarom ons saam met mekaar bid, om mekaar ook in ons versugting by te staan.

Preke

Word geïnspireer deur Bybelse lering van Ds. Dirk Kotzee
Skakel in elke Sondag oggend om 09:00

Besoek ons in Pretoria-Alkantrant of skakel in aanlyn

GK Pretoria-Alkantrant